
Tussen 1987 en 1994 was ek predikant van die VGK Pretoria
Welkom op die webwerf ‘Tussen woord, doop en nagmaal’. Op hierdie webblad bied ek, ds. F.J. (Ferdinand) Bijzet, ‘n hersiening aan van die katkisasiemateriaal wat ek hoofsaaklik geskryf en saamgestel tydens die jare wat ek as voorganger verbonde was aan die Vrye Gereformeerde Kerk (VGK) van Pretoria (tussen 1987-1994). Dit is toentertyd in twee dele in boekvorm uitgegee: Tussen doop en nagmaal. Omdat die katkisasiemateriaal nog steeds binne én buite die VGK gebruik word, het ek ‘n ruk terug besluit om beide dele van Tussen doop en nagmaal te herskrywe. Lees voort